Hierdie een bou ek sommer so op gevoel, maar hier is min of meer hoe dit werk:
2 uie, fyn gekap
250g gesnipperde bacon
een pakkie vars mushrooms / een blikkie gesnipperde mushrooms
250ml room
sampioenroomsop
melk
sout en swartpeper na smaak
Braai die uie in klein bietjie olie tot deurskynend. Gooi die bacon by en braai tot bros. Gooi die mushrooms by en braai so 5 minute. Meng die room met die helfte van die soppoeier, en vul aan met melk tot 500ml. Voeg by die bacon mengsel. Verhit tot kookpunt. Verlaag hitte en laat prut vir 10 minute.
Jy kan dit maklik meer maak met die res van die soppoeier en nog melk. Bepaal ook hoe dik jy dit wil hê deur nog bietjie soppoeier by te gooi.
Heerlik saam met braaivleis en pap, oor steak, net so op buns, en die kinders is gewoonlik mal daaroor. Enjoy!