Lekker Kossies op die maklike manier

Januarie 29, 2009

Marmite Balletjies

Filed under: Goedkoop, Maklik, Nagereg, Poffertjies, Snacks — Dellie @ 12:42 nm

Chantel se Marmite / Bovril balletjies

1 koppie koekmeel

1 koppie gerasperde kaas

knippie sout

knippie rooipeper

Genoeg melk om ‘n stywe deeg te maak

Verhit die oond tot 180 grade. Meng alles saam. Rol klein balletjies en plaas in gesmeerde oondpan. Bak vir 10 minute.

Smelt 250 g botter en 3 eetlepels Marmite / Bovril saam. Dip die balletjies daarin wanneer dit uit die oond uit kom.

Klink njammies!

Pampoen Poffertjies

Filed under: Goedkoop, Maklik, Pampoen, Poffertjies — Dellie @ 12:18 nm

Pampoen Poffertjies

350 g geskilde, gaar botterskorsies

3 eiers

30 g suiker

100 g bruismeel

5 ml bakpoeier

5 ml vanielje geursel

5 ml fyn kaneel

Olie vir braai

Meng alles goed en plaas die beslag in die yskas vir 15 minute. Verhit die olie in pan, braai lepelsvol in medium hitte tot goudbruin.

Aarbei Jogurt Tert

Filed under: Aarbeie, Goedkoop, Jellie, Nagereg, Tert, Yskas tert — Dellie @ 11:48 vm

Die volgende 3 reseppies kom van Botter af. Waar is julle ander s’n? Eet julle dan nie? Stuur bietjie, seblief tog!

Aarbei Jogurt Tert

Meng 1 pakkie aarbei jellie met 1 koppie kookwater en laat dit bietjie afkoel.

Voeg dan 1 blikkie kondensmelk en 500 ml aarbei joghurt by. Meng goed.

Pak tennisbeskuitjies onder in ‘n tertbak. Gooi die joghurt mengsel bo-oor. Krummel die res van die beskuitjies en gooi bo-oor. Plaas in yskas tot gestol.

Dankie Botter, my liefie vrek oor aarbeie, ek is seker hy sal die ene geniet. Sodra dit eendag ophou reën, gaan ek dit probeer.

Blog at WordPress.com.