Die volgende 3 reseppies kom van Botter af. Waar is julle ander s’n? Eet julle dan nie? Stuur bietjie, seblief tog!
Aarbei Jogurt Tert
Meng 1 pakkie aarbei jellie met 1 koppie kookwater en laat dit bietjie afkoel.
Voeg dan 1 blikkie kondensmelk en 500 ml aarbei joghurt by. Meng goed.
Pak tennisbeskuitjies onder in ‘n tertbak. Gooi die joghurt mengsel bo-oor. Krummel die res van die beskuitjies en gooi bo-oor. Plaas in yskas tot gestol.
Dankie Botter, my liefie vrek oor aarbeie, ek is seker hy sal die ene geniet. Sodra dit eendag ophou reën, gaan ek dit probeer.
Dellie, dit vat nie eers 15 minute om te maak nie!! Moet wel so uur of 2 in die yskas wees sodat dit stol, maar vrek lekker!!
Comment deur Bottertjie — Januarie 29, 2009 @ 1:14 nm
Ek en my seun (9) het dit gemaak en dit was so maklik, goedkoop en lekker.
Dankie vir julle lekka respte sal nou elkedag kom inloer!
Comment deur Yollie — February 23, 2009 @ 12:24 nm