Chantel se Marmite / Bovril balletjies
1 koppie koekmeel
1 koppie gerasperde kaas
knippie sout
knippie rooipeper
Genoeg melk om ‘n stywe deeg te maak
Verhit die oond tot 180 grade. Meng alles saam. Rol klein balletjies en plaas in gesmeerde oondpan. Bak vir 10 minute.
Smelt 250 g botter en 3 eetlepels Marmite / Bovril saam. Dip die balletjies daarin wanneer dit uit die oond uit kom.
Klink njammies!
Ek maak hierdie resep gereeld na kerk en elke keer is dit ‘n treffer in my huis.
In plaas daarvan dat dit in bolletjies gerol word, skep ek sommer teelepels vol in die klein, vlak skons/kolwyntjie pannetjies.
Ek het al kaassmeer gebruik as ek nie kaas gehad het nie. Dit werk net so lekker.
Probeer volgende keer bietje fyn biltong in die deeg sit.
Comment deur Wilma — February 24, 2009 @ 11:28 vm
Dellie waar pos ek ‘n reseppie vir jou?
Tot tyd en wyl pos ek dit sommer hier OK.
Verander of verskuif maar as dit nie hier hoort nie. Ek plak ook my epos adres aan jou as jy met my wil chat.
*********************************************************************
Chakalaka broodjie Saam Met Byvoorbeeld Braaivleis
500 gram bruismeel
1 blikkie chakalaka (ekstra sterk)
1 koppie kaas (sterk geur)
Meng alles behalwe ½ koppie van die kaas
Voeg bietjie water {Plus Minus 75-100ml} by.(Vir ‘n loperige degie)
Sit in broodpan wat met Foelie uitge”line” en gesmeer is.
Gooi res van die kaas oor Bak vir 45 minute tot ‘n uur teen 180°C
Opsioneel.:Strooi bietjie pietersielie / gesnipperde droë tamaties / oor voor bakproses.
*********************************************************************
barbie_barbeque@yahoo.com
Comment deur Elmarie — Maart 6, 2009 @ 4:30 nm
Miesie dellie hoeveel van die blog goete het jy maar Mavis sal hier kyk my basie hou van lekker kos
Comment deur Mavis — Maart 20, 2009 @ 2:07 nm