Pampoen Poffertjies
350 g geskilde, gaar botterskorsies
3 eiers
30 g suiker
100 g bruismeel
5 ml bakpoeier
5 ml vanielje geursel
5 ml fyn kaneel
Olie vir braai
Meng alles goed en plaas die beslag in die yskas vir 15 minute. Verhit die olie in pan, braai lepelsvol in medium hitte tot goudbruin.
Ek het die resepte op my Blog geplaas
Ek doen die kos by die huis want vroulief werk by Bank so ek het gedurig nuwe idees nodig!
Kyk gerus op my Blog en volg skakels na die ander ook!
Ek het spoas begin en sal hopelik meer van my concoctions plaas!
Groete Frans
Comment deur Frans (Outoppie) — February 15, 2009 @ 10:37 vm
Kom daar nie ‘n ou stropietjie of sousietjie oor nie??? Jinne, maar ek’s nou darem verskriklik lus vir pampoenpoffertjies!!! NJAM!!!
Comment deur BB — Maart 9, 2009 @ 7:19 vm