Lekker Kossies op die maklike manier

Augustus 3, 2009

Karringmelk beskuit

Filed under: Beskuit, Goedkoop, Kinders hou van, Maklik — Dellie @ 9:59 vm

Maak nie saak of jy glad nie kan bak nie, hierdie resep kan nie flop nie.

Bestanddele:

3 x 500g bruismeel

2 teelepels bakpoeier

2 koppies suiker

500g margarien

1 eetlepel sout

3 eiers

500ml karringmelk

Meng (sif) droeƫ bestanddele saam. Klits eiers en karringmelk saam. Rasper die margarien en vryf by die meelmengsel by. Gooi eier en karringmelk mengsel by. Knie goed deur.

Genoegsaam vir een groot en een klein broodpan. Vorm balletjies omtrent so groot soos eiers en pak 3 langsmekaar. Andersins ‘n hele bol deeg bietjie gedruk na die kante toe, en sny in blokke wanneer helemal afgekoel.

Bak vir een uur teen 175 grade celsius. Droog uit teen lae hitte.

Enjoy!

Blog at WordPress.com.