Aartappelgereg

Ek het nie rerig presiese hoeveelhede vir die een nie – dit hang maar af van hoeveel mense moet saam eet.

Bestandele:

6 aartappels, geskil en in skywe gesny (so 5 mm dik)

250 ml room

pakkie sampioenroom sop

500 ml gerasperde kaas (chedder of gouda)

as jy rerig moeite wil doen, braai ‘n ui en ‘n pakkie gekapte bacon ook, en wissel dit tussen die lae af

Meng die room en die sop saam. Jy kan dit so bietjie ‘rek’ as jou aartappels dalk groot is – gooi net melk by. Spuit ‘n oondbak met spray & cook en pak dan lae van aartappels, afgewissel met die room en sop mengsel, en klein bietjie kaas. (As jy bacon en uie het, sit dit op die aartappels voor die room en sop mengsel.) Eindig met ‘n goeie lagie kaas.

Bak in voorverhitte oond van 180 grade totdat dit goudbruin en sag is. Ek weet rerig nie hoe lank nie, maar ek skat ten minste meer as ‘n halfuur. Hou dit maar dop en toets met ‘n vurk of skerp mes of dit sag is. Jy kan ook die aartappels eers in die micro sit tot amper gaar – dit sal natuurlik die tyd in die oond minder maak.

Heerlik saam met braaivleis, en eintlik enigiets anders. En as dit koud is more-oggend, nogsteeds jammie.

Een Reaksie

  1. Goeie dag

    Vir ‘n bietjie ekstra “crunch” neem 2 pakkies kaas en uie artappelskyfies druk effens fyn en strooi oor die kaas net voor jy dit bak

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s