Broodslaai

Bestanddele:

halwe brood, in blokkies gesny

2 eiers

driekwart koppie suiker

halwe koppie asyn

1 eetlepel mosterd poeier (ek maak dit soms 2)

6 eetlepels mayonnaise (hier gaan ek ook wild – proe aan die sous! jy sal weet)

halwe bakkie room (125ml, ek dink)

olie vir diep braai

Braai die broodblokkies in diep, warm olie tot goudbruin.  Dreineer goed op kombuispapier. (Servette doen ook die ding) Klits die eiers en suiker saam. Meng asyn en mosterd poeier, en voeg by eiermengsel. Kook alles op lae hitte saam tot deurskynend. Roer aanhoudend. Verwyder van hitte en voeg mayonnaise en room by. Meng goed en laat afkoel. Gooi die sous oor die brood blokkies so 10 minute voordat daar geëet word.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s