KLAM SJOKOLADE KOEK

Bestanddele:

1 koppie koekmeel
1 koppie suiker / strooisuiker
2 teelepels bakpoeier
halwe teelepel sout
4 eiers, geskei
halwe koppie olie
halwe koppie kookwater
halwe koppie kakao

Voorverhit oond tot 180 grade. Sif die koekmeel, suiker, bakpoeier en sout saam. Klits die eiers en olie saam. Meng die kakao met die kookwater, roer tot heeltemal opgelos en glad. Roer by eier mengsel in.

Maak ‘n holte in die droee bestanddele, en gooi die vloeistof mengsel in. Meng goed totdat die suiker opgelos is. Klits die eierwitte tot sagte punte vorm. Vou by deegmengsel.

Bak die koek vir 40 minute in ‘n voorafgespuite oondbak. Medium lasagne bak werk baie goed.

Vir die topping:

1 blik Ideal melk
1 koppie suiker
2,5 ml vanilla geursel
1 slab neute sjokolade

Verhit die suiker, vanilla geursel en driekwart van die blik Ideal melk. Wanneer die koek uit die oond kom, gooi dit eweredig oor die koek. Laat heeltemal afkoel.

Verhit die res van die Ideal melk saam met die sjokolade (in blokkies gebreek/gesny) tot gesmelt. Baie lae hitte, die sjokolade skif maklik.

Gooi oor die afgekoelde koek. Rangskik die neute in die sjokolade eweredig oor die koek.

ENJOY …

WARNING: THIS COULD BE DEATH BY CHOCOLATE !!!

11 responses

  1. Ek gaan defnitief die koek uittoets…dit lyk na n wenner…dankie aan die een wie dit gepubliseer het..groete

  2. Skuus ek antwoord nou eers, het nie lekker toegang tot die internet deesdae nie. Ek dink as jy dit vinnig uithaal voor jy die sous oorgooi, behoort dit te hou. Maar ek bak dit in ‘n glas lasagne bak, dan lyk dit mos klaar mooi.

Lewer kommentaar