CAVACAS (Portugese koekies)

Bestanddele:

1 koppie eiers
1 koppie koekmeel
1 koppie kookolie

Metode:

Meng alles met die klitser vir ongeveer 10 minute. Dit het baie lug nodig om te rys. Skep in muffin pannetjies. Bak in oond teen 230 grade Celsuis vir so 8 – 10 minute, net tot ligbruin.

Topping:

1 koppie versiersuiker
3/4 koppie suurlemoensap (min of meer)

Meng gesifte versiersuiker met suurlemoensap. Dit moet dikkerig wees, maar steeds van jou lepel af drup. Bedruip die cavacas met die mengsel sodra dit uit die oond kom. Jy sal sien hulle begin in die middel induik. Dit is dan perfek.

Geleen by Jenny, getoets deur Flintie in sy eie kombuis 😉

8 responses

  1. Jip – eiers is nie almal dieselfde grootte nie, en ek dink die geheim van die resep is seker dat al die bestanddele gelyke hoeveelhede moet wees. So as jy dit meer wil maak, gebruik ‘n beker/maatbeker/emmer 😆

  2. Ja julle, die resep is reg. Ek het dit al baie gemaak en is vrek lekker! My man kan hom nie keer aan die Cavascas goedjies nie. Hy sal so bak by homself opeet.

  3. lelanie, dit hang af van die grote van die eiers. Gooi net eiers in ‘n koppie en kyk hoeveel kry jy in ‘n koppie. Ek kry enige iets van 5 of 6 eiers in ‘n koppie. En maak omtrent seker ‘n stuk van 18-24 dalk meer van die goedjies. Hang af hoe groot die pannetjies is.

  4. Meer ‘n vraag as kommentaar.
    Hoeveel is n koppie eiers..?? Hoe moet ons leesers weet hoeveel eiers dit is. (5/6 of meer want eiers verskil in grootes)
    Ag asb as julle dit op sit hier maak seker dat ons dit kan verstaan asb.

  5. Wat is so moeilik om te verstaan? ‘n Koppie vol eiers is ‘n koppie vol eiers! Eiers is nie almal dieselfde grootte nie, so dis moeilik om te se hoeveel … sorg net dat die koppie VOL is met eiers 🙂

Lewer kommentaar