Die volgende 3 reseppies kom van Botter af. Waar is julle ander s’n? Eet julle dan nie? Stuur bietjie, seblief tog!
Aarbei Jogurt Tert
Meng 1 pakkie aarbei jellie met 1 koppie kookwater en laat dit bietjie afkoel.
Voeg dan 1 blikkie kondensmelk en 500 ml aarbei joghurt by. Meng goed.
Pak tennisbeskuitjies onder in ‘n tertbak. Gooi die joghurt mengsel bo-oor. Krummel die res van die beskuitjies en gooi bo-oor. Plaas in yskas tot gestol.
Dankie Botter, my liefie vrek oor aarbeie, ek is seker hy sal die ene geniet. Sodra dit eendag ophou reƫn, gaan ek dit probeer.