Lekker Kossies op die maklike manier

Oktober 15, 2009

Bets se tjoklitkoek

Filed under: Ekonomies, Goedkoop, Kinders hou van, Koek, Maklik, Nagereg — Dellie @ 10:14 nm

Droeë goed

750ml koekmeel (3 koppies)

20ml bakpoeier (4 teelepels)

500ml suiker (2 koppies)

5ml koeksoda (1 teelepel)

80ml kakao (3 teelepels)

Knippie sout

Nat goed

500ml kookwater (2 koppies)

250ml olie (1 koppie)

10ml vanilla essence (2 teelepels)

50ml wit asyn (1 ½ eetlepel)

Gooi al die droeë goed in ‘n bak. In ander bak gooi al die nat goed. Gooi nat goed stadig oor droeë goed en klits bietjie. Wetie hoe lank nie – net tot jy sien alles is mooi gemeng. Gooi in oondpan / koekpan / cupcakes of whatever floats your boat en sit in die oond. O ja – die oond moet vooraf geheat word na 180 *grade teken* en dan bak die koek 20minute en jy’t lekker tjoklit koek!

Maklik né?

Julie 28, 2009

Maklike hoender gereg

Filed under: Een-bak-geregte, Ekonomies, Goedkoop, Hoender, Kinders hou van, Maklik, Vinnig — Dellie @ 6:48 nm

Kook 1 x hoender met 2 hoenderaftreksel blokkies
2.5 ml naeiltjies (1/2 t)
2.5 ml tiemie
2.5 ml sout tot gaar

Sny in stukke, meng met die volgende:

400 g Blikkie sampioensop
250 ml Suurroom
1 pak Bacon Kips

Plaas in matige oond vir 20 min

(Hoenderdye of -boudtjies kan ook gebruik word.  En die naeltjies is opsioneel)

Bedien met rys en groen slaai.

Lekker eet

Jane

Julie 16, 2009

Koffie Varktjops

Filed under: Ekonomies, Kinders hou van, Maklik, Vark — Dellie @ 5:43 nm

Hierdie is ‘n groot gunsteling in ons huis. Moenie laat die snaakse bestanddele jou afskrik nie – die eindproduk is heerlik!

Bestanddele

1.5 kg Varktjops
Koekmeelblom met sout en peper gegeur
Kookolie
2 uie, in skywe gesny
30 ml margarien
30 ml kitskoffiepoeier
250 ml kookwater
250 ml asyn
150 ml gouestroop
10 ml Bisto
Sout en peper

Keep die vetrande van die varktjops in. Rol die tjops in die gegeurde koekmeelblom totdat hulle goed daarmee bedek is. Braai die tjops aan weerskante tot goudbruin in net genoeg olie om die bodem van die pan te bedek. Pak die tjops in ‘n groot oondkasserol.

Braai die uie in die margarien tot sag. Los die koffiepoeier in die kookwater op en voeg dit by die uie saam met die asyn, gouestroop en Bisto wat met ‘n klein bietjie water aangemaak is. Geur dit met sout en peper en laat dit opkook; verdik die sous met ‘n bietjie mielieblom wat met koue water aangemaak is indien ‘n dikker sous verkies word.

Gooi die koffiesous oor die varktjops, bak op die middelste oondrak in ‘n voorverhitte oond (150 grade) vir ‘n uur en ‘n half, of tot die tjops lekker sag is. Dien warm op.

Wanneer jy dit uit die oond haal, laat staan dit vir so 10 minute, dan gaan lê al die vet wat uit die tjops gebak het, bo-op, en kan dit maklik afgeskep word om net die lekker sousie oor te laat.

Geniet!

PS. Moenie jou kop oor die pot hou en probeer asemhaal as jy die asyn by die sous gegooi het nie…jy’s gewaarsku!

PPS. Ek maak dit soms op die stoof ook gaar – pot met ‘n dik bodem, stadige hitte, en roer gereeld.

Chakalaka broodjie

Filed under: Brood, Ekonomies, Maklik, Vinnig — Dellie @ 5:17 nm

Chakalaka broodjie Saam Met Byvoorbeeld Braaivleis

500 gram bruismeel
1 blikkie chakalaka (ekstra sterk)
1 koppie kaas (sterk geur)

Meng alles behalwe ½ koppie van die kaas

Voeg bietjie water {Plus Minus 75-100ml} by.(Vir ‘n loperige degie)
Sit in broodpan wat met Foelie uitge”line” en gesmeer is.
Gooi res van die kaas oor Bak vir 45 minute tot ‘n uur teen 180°C

Opsioneel.:

Strooi bietjie pietersielie / gesnipperde droë tamaties / oor voor bakproses.

Dankie Elmarie

Blog at WordPress.com.