Binnekort behoort hierdie blog gevul te wees met heerlike, maklike en ekonomiese resepte. Ek soek daai kossies wat ons elke aand vinnig vir ons mense aanmekaarslaan. Sommer met ‘n handvol van die en ‘n knippie van daai. En veral daai lekkertes wat gebore word as die eggo’s in die koskaste beginne weerklink!
As jy ietsie het om te deel met die res van ons, stuur dit asseblief vir my na homedotwelkomatgmaildotcom. Onthou, MAKLIK en VINNIG en GOEDKOOP. Met bestanddele wat maklik bekombaar en maklik is om uit te spreek!
GO! GO!
NS. Ek sukkel nog met die posts – dit wil nie vir my die hele toolbar oopmaak soos op my ander blog nie, so die formatting suig nog. Geduld asseblief!
NNS. Die formatting suig toe nie so erg soos ek verwag het nie – eintlik cool saam met die Piesang drankie!