WOUTER SE PYNAPPEL KAASKOEK

Bestanddele

1 pakkie tennis beskuitjies, fyngemaak
100g botter, gesmelt
250g ongegeurde maaskaas
1 blik (397g) kondensmelk
1 blik (440g) fyn pynappel, gedreineer (hou die stroop)
2 eiers
10ml (2 teelepels) suurlemoen skil
60ml (1/4 koppie) suurlemoen sap
15ml (1 eetlepel) vla poeier

Metode

1. Voorverhit die oond tot 150 grade celsius.
2. Meng die beskuitjie krummels en botter en druk dit vas in die bodem van ‘n kaaskoek pan. Verkoel.
3. Klits die maaskaas en kondensmelk saam. Voeg die helfte van die pynappel by. Voeg die eiers, suurlemoenskil en -sap by. Meng goed.
4. Gooi oor die beskuitjie basis en bak vir 30 minute. Skakel die oond af, en laat afkoel in die oond. Verkoel verder in die yskas.
5. Meng die oorblywende pynappel en die stroop in ‘n klein potjie. Klits die vla poeier by. Kook oor lae hitte tot mengsel verdik.
6. Verkoel en smeer oor die kaaskoek.
7. Versier met geklopte room indien verkies.

CAVACAS (Portugese koekies)

Bestanddele:

1 koppie eiers
1 koppie koekmeel
1 koppie kookolie

Metode:

Meng alles met die klitser vir ongeveer 10 minute. Dit het baie lug nodig om te rys. Skep in muffin pannetjies. Bak in oond teen 230 grade Celsuis vir so 8 – 10 minute, net tot ligbruin.

Topping:

1 koppie versiersuiker
3/4 koppie suurlemoensap (min of meer)

Meng gesifte versiersuiker met suurlemoensap. Dit moet dikkerig wees, maar steeds van jou lepel af drup. Bedruip die cavacas met die mengsel sodra dit uit die oond kom. Jy sal sien hulle begin in die middel induik. Dit is dan perfek.

Geleen by Jenny, getoets deur Flintie in sy eie kombuis 😉

SUURLEMOEN TERT (Mikrogolf)

Kors

150 g Tennisbeskuitjies
100 g margarien
Krummel die beskuitjies, smelt die margarien en meng. Druk vas in ‘n tertbak.

Vulsel

12,5 ml gelatien
50 ml koue water
4 eiers
250 ml suiker
75 ml suurlemoensap
knippie sout
gerasperde skil van 1 suurlemoen
beskuitjie krummels vir versiering
125 ml room

Meng die gelatien en koue water. Skei die eiers. Klits die helfte van die suiker by die gele. Klits tot liggeel en dik. Voeg suurlemoensap en sout by. Mikrogolf by 30% krag vir 5 minute. Roer elke minuut. Voeg gelatien en gerasperde skil by. Meng goed.

Klits eierwitte tot sagte punte vorm. Voeg die res van die suiker bietjies-bietjies by. Voeg by eiergeelmengsel. Vou liggies in met ‘n metaal lepel in die syfer 8. Giet vulsel oor kors. Gooi gekrummelde beskuitjies oor. Plaas in yskas tot goed koud. Versier met styfgeklopte room en bedien.

KLAM SJOKOLADE KOEK

Bestanddele:

1 koppie koekmeel
1 koppie suiker / strooisuiker
2 teelepels bakpoeier
halwe teelepel sout
4 eiers, geskei
halwe koppie olie
halwe koppie kookwater
halwe koppie kakao

Voorverhit oond tot 180 grade. Sif die koekmeel, suiker, bakpoeier en sout saam. Klits die eiers en olie saam. Meng die kakao met die kookwater, roer tot heeltemal opgelos en glad. Roer by eier mengsel in.

Maak ‘n holte in die droee bestanddele, en gooi die vloeistof mengsel in. Meng goed totdat die suiker opgelos is. Klits die eierwitte tot sagte punte vorm. Vou by deegmengsel.

Bak die koek vir 40 minute in ‘n voorafgespuite oondbak. Medium lasagne bak werk baie goed.

Vir die topping:

1 blik Ideal melk
1 koppie suiker
2,5 ml vanilla geursel
1 slab neute sjokolade

Verhit die suiker, vanilla geursel en driekwart van die blik Ideal melk. Wanneer die koek uit die oond kom, gooi dit eweredig oor die koek. Laat heeltemal afkoel.

Verhit die res van die Ideal melk saam met die sjokolade (in blokkies gebreek/gesny) tot gesmelt. Baie lae hitte, die sjokolade skif maklik.

Gooi oor die afgekoelde koek. Rangskik die neute in die sjokolade eweredig oor die koek.

ENJOY …

WARNING: THIS COULD BE DEATH BY CHOCOLATE !!!

RICE KRISPIES BLOKKIES

Bestanddele:

4 stafies (44 g elk) Bar-one-sjokolade
120 g botter
150 ml suiker
25 ml goue stroop
4 x 250 ml (4 koppies) Rice Krispies

Smeer of spuit ‘n 15 cm koekpan. Breek die sjokolade in blokkies en voeg die botter, suiker en goue stroop by. Verhit oor stadige hitte totdat die sjokolade gesmelt is, roer nou en dan. Voeg die rysvlokkies by en meng deur. Druk vas in die voorbereide pan en laat afkoel tot stewig. Sny in blokkies en bere in die yskas. Lewer sowat 25 blokkies.

KLAPPER-EN-VRUGTE-BLOKKIES

Bestanddele:

200 g botter of margarien
250 ml karamel kondensmelk
250 g glansvrugte mengsel (enige droee vrugte werk ook hier. Ek het sommer vrugtekoekmengsel gebruik, dit vir ‘n rukkie geweek in warm water en toe net effens fyner gekap)
300 g Marie beskuitjies, fyn gedruk
180 ml klapper

Voer ‘n plat 18 x 28 cm pan uit met foelie en bespuit die foelie deeglik. Sprinkel ‘n bietjie van die klapper op die foelie.

Meng gesmelte botter of margarien, karamel kondensmelk, vrugtemengsel en fyn Marie beskuitjies. Druk eweredig in die voorbereide pan vas. Besprinkel met klapper en verkoel tot ferm. Lig die foelie uit die pan. Sny in blokkies en geniet saam met koffie.

Lewer 20 – 25 blokkies.

Lizzie se soet-suur yskas tert

Bestanddele:
2 pakkies Tennisbeskuitjies
suurlemoensap vir sprinkel oor beskuitjies
1 pakkie suurlemoenjellie (maak aan en sit in vrieskas vir so 10 minute, dit moet nie heeltemal stol nie, net yskoud wees en bewe)
1 koppie suurlemoensap
1 blikkie kondensmelk
1 blikkie grenadella moes
1 blikke fyngemaakte vrugte (bv perskes)
250 ml vars room
1 Peppermint Crisp of Flake

Metode:
Pak ‘n lagie Tennisbeskuitjies in ‘n glasbak. Meng die kondensmelk, grenadella moes en fyngemaakte vrugte saam. Skep ‘n lagie oor die beskuitjies. Wissel af met beskuitjies en kondensmelk mengsel (so 3 lagies).
Meng die suurlemoenjellie en suurlemoensap. Gooi bo-oor. Sit in yskas vir ‘n halfuur.
Klop die room tot styf. Smeer oor die tert. Krummel of rasper die Peppermint Crisp of Flake bo-oor.
Sit terug in yskas vir 4-6 ure.

Black Forest Cheesecake

Ingredients (serves 8)

* Melted butter, to grease

* 200g plain chocolate biscuits

* 125g butter, melted

* 200g good-quality dark cooking chocolate, chopped

* 1 tbs boiling water

* 1 tsp gelatine

* 2 x 250g pkt cream cheese, at room temperature

* 70g (1/3 cup, firmly packed) brown sugar

* 1 x 670g jar morello cherries

* 2 tbs caster sugar

* 1 tbs cornflour

* White chocolate curls, to decorate

Method 

1. Brush a shallow 10 x 34cm (base measurement) fluted tart tin, with removable base, with melted butter to lightly grease.

2. Place biscuits in the bowl of a food processor and process until finely crushed. Add butter and process until combined. Transfer to prepared pan. Use a glass to spread and press mixture firmly over base and sides of pan. Place in the fridge for 30 minutes to chill.

3. Place chocolate in a heatproof bowl over a saucepan of simmering water (make sure bowl doesn’t touch water) and stir until melted.

4. Place water in a heatproof glass. Sprinkle with gelatine and stir with a fork until it dissolves.

5. Use an electric beater to beat cream cheese and brown sugar in a bowl until smooth. Add chocolate and gelatine, and beat until combined. Spoon into base and use a knife to smooth the surface. Place in fridge for 1 hour to chill.

6. Meanwhile, drain cherries and reserve syrup. Combine sugar and cornflour in a saucepan. Gradually add the syrup. Cook, stirring, over medium heat for 5 minutes or until sauce boils. Remove from heat. Add the cherries. Set aside for 30 minutes to cool.

7. Slice cheesecake. Serve topped with cherries and chocolate curls

Marmite Koek

500 ml meel

150 ml suiker

10 ml bakpoeier

2 ml sout

100 g botter

2 eiers

250 ml melk

500 ml gerasperde cheddarkaas

60 ml Marmite

60 ml botter

Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Smelt die 100 g botter en voeg die gesifte droë bestanddele by. Klits die eiers en melk saam en voeg by die bottermengsel. Roer die kaas by. Gooi in ‘n gesmeerde bak (20 cm x 15 cm) en bak vir 15 minute teen 200 °C. Smelt intussen die Marmite en 60 ml botter saam. Wanneer die tert uit die oond kom, gooi die Marmite-mengsel oor. Sny in blokke.

Bets se tjoklitkoek

Droeë goed

750ml koekmeel (3 koppies)

20ml bakpoeier (4 teelepels)

500ml suiker (2 koppies)

5ml koeksoda (1 teelepel)

80ml kakao

Knippie sout

Nat goed

500ml kookwater (2 koppies)

250ml olie (1 koppie)

10ml vanilla essence (2 teelepels)

50ml wit asyn (1 ½ eetlepel)

Gooi al die droeë goed in ‘n bak. In ander bak gooi al die nat goed. Gooi nat goed stadig oor droeë goed en klits bietjie. Wetie hoe lank nie – net tot jy sien alles is mooi gemeng. Gooi in oondpan / koekpan / cupcakes of whatever floats your boat en sit in die oond. O ja – die oond moet vooraf geheat word na 180 *grade teken* en dan bak die koek 20minute en jy’t lekker tjoklit koek!

Maklik né?