Tunagebak

OK, hier is my eerste ene. Dis maklik, goedkoop en vullend. Geniet!

Tunagebak

2 uie, fyn gekap

olie

1 0f 2 blikkies tuna, in water (vir die mensies wat dieet)

so twee koppies gaar rys (bruin, wit, of whatever jy in die huis het)

200 ml melk

100 – 150 ml mayonnaise (lae vet slaaisous doen ook die ding, maar eish – regte mayonnaisse het net daai ietsie ekstra…)

4 groot eiers

teelepel mosterd poeier of vars mosterd na smaak

4 teelepels suurlemoensap

grootlepel vol gekapte pietersielie, of ‘n teelepel vol gedroogde pietersielie (dis eintlik net vir kleur en geur, so jy kan dit uitlos as jy wil)

sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Gerasperde kaas om bo-oor te strooi.

Maak die oond lekker warm – so  180 grade. Smeer/spuit jou oondpan deeglik, jy willie hê die goed moet vassit nie! Braai die uie in ‘n klein bietjie olie tot sag – dit beteken dit moet net so effens bruin raak. Sny die tuna blikkies oop en dreineer die olie/water. Klits die melk, eiers en mayonnaise saam. Voeg die mosterd, suurlemoensap en pietersielie by. Nou is dit so ‘n lekker dik mengsel. Geur dit na smaak met sout en swartpeper – druk jou vinger in en proe of die sout en peper reg is! Meng die vis-en-rysmengsel in die gesmeerde/gespuite oondpan. En dan gooi jy die mayonnaise mengsel oor die vis-en-rys-mengsel, gooi kaas bo-oor en druk dit in die oond vir 30 minute, of tot jy kan sien dat alles gestol is en mooi bruin is bo-op.

MMM en hoe lank?

Saam met die rys wat gekook moet word, is die ergste wat jy moet doen, uie sny en braai. Van voorbereiding  heel aan die begin, tot eet, neem dit min of meer een uur.  Stuur die kiddies om te gaan bad, en as hulle klaar is, is die kossies ook reg. En uit betroubare bronne verneem ek dat kinders mal is hieroor – met tamatiesous oor!

Update: Getoets in Flintie se kombuis op 14 Maart 2012😉

6 responses

  1. Yes Linda, as jy kan vervang een blikkie tuna met twee blikkies mossels. Heerlik!

    Betsie! Sorry man, ek dink ek het jou comment per ongeluk delete ipv approve… die opsies sit so naby mekaar – blonde oomblik!😳

    Maar ek kon dit darem red!

    Betsie sê:
    copy – paste – print – dinner sorted!

    fanks a mil vir hiedie blog van jou dellie! briljante idee. en dankie tog dit bevat bestandele wat elke mens in die kas het!

    het ek genoem baie dankie?

  2. graag lewer ek verslag rondom die tuna-tert-fingy hierbo

    dit is HEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEERLIK is ek die nuwe gunsteling mens in die huis!

  3. Wil net gou laat weet my hubby het dit gisteraand die tune en rys dis gemaak en dit was baie lekker, met groen slaai en stukkie brood en almal was woes impressed gewees. Veral die kinders. Is so bly ek het die blog ontdek

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s