Rys Skottel

Ek weet nie van julle nie, maar die eggo’s begin al weerklink in my koskaste. Gaan altyd so aan die einde van Januarie – veral as mens met vakansie was. Hierdie is rerig ‘n baie ekonomiese resep – en as jy genoeg witsous maak, kan jy omtrent 6 honger magies lekker vol kry.

drie koppies gaar rys

2 uie, in ringe gesny

1 groen soetrissie, in blokkies gesny

olie vir braai

1 blik bullybeef (300g) in blokkies gesny (Enige ander oorskiet vleisie sal ook doen)

2-3 eiers, hard gekook

500 – 750 ml witsous (nie te dik nie)

gerasperde kaas om bo-oor te strooi

Voorverhit die oond tot 180 grade. Smeer/spuit ‘n oondbak. Skep die helfte van die rys in die oondbak. Braai die uie en soetrissie tot sag. Meng met bullybeef. Skep die helfte van die bully beef mengsel oor die rys, gevolg deur ‘n paar eierskyfies. Gooi ‘n lagie witsous oor die eierskyfies. Herhaal die lae, en eindig met witsous en kaas. Verhit tot alles lekker warm is, omtrent so 20 minute.  Genoeg vir 4 – 6 mense.

Stuur bietjie van julle reseppies ook in, asseblief? Los dit sommer in die comments, ek sal dit daarvandaan bewerk tot hier.😉

One response

  1. Ek het gisteraand lus gehad vir groente en het varkworsies ontvries. Net ek en die ou man in die huis en deesdae word alles in een pot of bak gemaak (waarvoor moet ek skottelgoed vuilmaak) Die volgende het ontstaan:
    Bestandele: 1 pakkie varkworsies (so 6 worsies), halwe pakkie sampioene (opgesny), 2 gekookte aartappels, 1 ui, 1 eetlepel knoffel, koppie gekapte kool (in repies gesny), 2 koppie wortels (in blokkies gesny), 250ml vars room, en speserye na smaak. 125 ml dik groente sop.
    Metode: Braai die varkworsies tot lekker bruin en haal uit pan, in olie van worsies braai die uit en sampioen. Intussen sit wortels in mikrogolf en kook vir so 4 minute, gooi saam met uie en sampieonene en kook lekker deur. Kook kool tot lekker sag en hou eenkant. Vat bak en sit lae van die volgende, sny aartappel in kringe en sit onder in bak, volg op met lae van uie, sampioene
    en wortel mengsel, varkworsies in stukkies gesny, kool – tot die bak vol is. Meng die room met die sop en gooi oor, bak in oond vir so 30 minute sodat room lekker wegkook en los oop vir so 15 min om bruin te word, kaas kan bo-oor gegooi word indien verkies. Lekker eet

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s