Stovies

Hierdie is ‘n tradisionele Skotse gereg. Dis seker nie vreeslik gesond nie, maar ideal vir wanneer daar boggerol in die koskaste aangaan.

Uie, so 3 – 4 , maar ek hou nogal van uie, so ek sal nog meer insit.

Knoffel (dis my eie toevoeging, maar ek like dit ook!) So een huisie, fyn gekap

Braai die lotjie in botter/marge (verkieslik nie olie nie, die botter gee ‘n lekker smaak) tot sag.

Boeliebeef 1 – 2 blikkies, opgesny in blokkies.
Roer in saam met die uie en braai dit ‘n rukkie.

Skil aartappels, soveel as wat jy dink genoeg is vir jou mense – dis die aartappels wat hulle gaan dik maak.
Sny in kleinerige blokkies en gooi bo-op die uie-en boeliebeefmengsel.  MOENIE DEURMEKAAR ROER NIE.
Geur met sou en peper.
Gooi ‘n knertsie water by – so 50 ml

Baie NB:  stip met botter/marge  (vader tog, ek dink dis ‘stip’, maar gooi oral hier en daar sulke mespunte botter op die aartappels)

Sit deksel op en kook tot gaar.  (ongeveer ‘n uur)  Matige hitte

Die uie en boeliebeef behoort effens aan te brand – dis deel van die lekker. Roer die hele spulletjie deurmekaar en enjoy!

Dankie Boendoe!

5 responses

  1. Solank dit lekker is gee ek nie om in watse taal dit geskryf is nie!!! Mind u ek wil darem net verstaan wat ek in die pot moet gooi! En verkieslik nou nie skaapkop nie!!! :mrgreen:

    Lekker blog hierdie Dellie. Mens sukkel soms so om inspirasie te kry vir etes!!!

    Ek sal elke dag kom loer oor wat my mense vir aandete gaan kry!!!:mrgreen:

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s