Pannekoek

Dit reën nogsteeds, OK? En natuurlik moet pannekoek ook op die lysie wees. Hierdie is die enigste ene wat ek ken. Vermeerder soos wat dit vir jou mense nodig is – die ene lewer so 20 lekker groot pannekoeke.

3 koppies koekmeel

2 knippies sout

2 teelepels bakpoeier

4 koppies water

2 eiers

3 teelepels asyn

6 teelepels olie

Sif die droë bestanddele drie maal saam (dit help glo dat die pannekoeke nie te swaar is nie, en ek sif dit nou al vir 20 jaar 3x!) en maak ‘n holte in die die meelmengsel.

Meng die water, eier, asyn en olie en voeg geleidelik by die meelmengsel terwyl jy dit meng met ‘n houtlepel of elektriese klitser. Laasgenoemde is baie minder moeite. Laat minstens ‘n halfuur staan (ek laat dit sommer ‘n uur staan) en klits dan weer voordat die pannekoeke gebak word.

Ek gebruik ‘n koperboom pan vir my pannekoeke. Maak seker dit is lekker warm. Vir die eerste ene, gooi ek bietjie olie in die pan, maar rerig BAIE min. Daarna het ek ‘n stukkie servet of tissue wat ek in die olie (in ‘n koppie) druk en dan vee ek net die pan daarmee voordat ek ‘n soplepel vol beslag daarin gooi. Die eerste twee flop gewoonlik omdat ek nie die pan kans gee om behoorlik warm te word nie. Geduld werk nie hier nie.  Maar die worsies geniet die floppies!

Hier is ‘n paar ander wenke ook:

  • Klop of klits die beslag deeglik om al die klonte op te los. Laat die beslag minstens ‘n halfuur lank staan sodat die meelkorreltjies ‘n kans kan kry om lekker sag te word. Dan is jou pannekoeke heerlik lig.
  • As pannekoeke by die groot maat gemaak word, kan 25 ml brandewyn of 50 ml suurlemoensap by ‘n mengsel van 2 kg koekmeel gevoeg word. Dit hou die pannekoeke sag.
  • Die beslag kan ook oornag in die yskas gebêre word. Rou beslag kan goed bevries word vir sowat 3 maande.
  • Bevries gaar pannekoeke met lae plastiek tussenin.
  • Gebruik water of om die helfte sodawater om lekker ligte pannekoeke te maak. Melk is geneig om dit taai te maak.
  • Smeer die pan net elke keer liggies met olie. ‘n Piering/koppie olie en ‘n bol opgefrommelde kombuispapier sal goed werk.
  • Die pan moet goed warm wees voordat die beslag ingegooi word. Gebruik ‘n soplepel om elke keer dieselfde hoeveelheid beslag in die pan te gooi.
  • Kantel die pan heen en weer om die beslag eweredig te versprei.
  • ‘n Dun beslag lewer dun pannekoeke. Die beslag sal effens verdik as dit oornag in die yskas gebêre word. Voeg dan net ‘n bietjie water by en klits weer voordat die pannekoeke gebak word.
  • Hou pannekoeke warm deur dit opmekaar te stapel en die houer oor kookwater te plaas. In die oond of lou oond sal die pannekoeke taai word.

Jy kan natuurlik jou pannekoeke vul met enige ding wat lekker is. Kaneelsuiker en stroop in vir my bo aan die lys vir pure lekkerte.

‘n Mince-mengsel (selfs kerrie as jy wil) werk wonderlik om dit in ‘n ete te omskep. Vul die pannekoeke met jou vleismengsel, pak dit in’n oondbak en strooi gerasperde kaas oor, bak vir so 10 minute, en jy het ‘n lekker ete. Met roomys en piesangskywe vir ‘n nagereg is uit die boeke uit. Gaan mal! Die moontlikhede is eindeloos.

2 responses

  1. Jy kan natuurlik gekleurde pannekoeke ok maak, gooi bietjie koekkleursel in elke lepelvol beslag voor jy dit in die pan gooi en soos jy die pan rond beweeg om die beslag oral te kry, net so maak die kleure ook sulke mooi patrone.
    Ekke sal juis so bietjie moet gaan kleursel koop, myne bietjie min en my kind weier om net ‘n gewone pannekoek te eet.

  2. Dankie tog u kan pannekoek bak en weet tenminste dat u resep reg is want almal wil net melk in gooi melk maak dit definitief taai,taai .Ek stem ook 100% saam met suurlemoensap wat dit sag hou. “n Lou oond of oond maak dit defenitief taai.
    Baie dankie vir ‘n goeie pannekoek resep.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s