Bets se tjoklitkoek

Droeë goed

750ml koekmeel (3 koppies)

20ml bakpoeier (4 teelepels)

500ml suiker (2 koppies)

5ml koeksoda (1 teelepel)

80ml kakao

Knippie sout

Nat goed

500ml kookwater (2 koppies)

250ml olie (1 koppie)

10ml vanilla essence (2 teelepels)

50ml wit asyn (1 ½ eetlepel)

Gooi al die droeë goed in ‘n bak. In ander bak gooi al die nat goed. Gooi nat goed stadig oor droeë goed en klits bietjie. Wetie hoe lank nie – net tot jy sien alles is mooi gemeng. Gooi in oondpan / koekpan / cupcakes of whatever floats your boat en sit in die oond. O ja – die oond moet vooraf geheat word na 180 *grade teken* en dan bak die koek 20minute en jy’t lekker tjoklit koek!

Maklik né?

2 responses

  1. Wat ‘n fantastiese, vinnige en lekker resep met maklike bestandele wat in almal se koskas is! Soos Nataniel glo ek dat mens eerste aan jou poeding begin beplan as jy mense nooi. Met ‘n klein baba is dit moeilik vir die “nageregkoningin” om vinnig iets op te dis, maar hierdie een gaan ek beslis weer doen!
    Die hoeveelheid kakao (80 m) is egter nie net 3 teelepels nie…!
    Stuur asseblief nog sulke lekker poedings!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s