Gebraaide lewer en uie

400g beeslewer

60ml melk

50ml koekmeelblom

varsgemaalde swartpeper na smaak

5ml botter

10ml olie

1 groot ui, in skywe gesny

Verwyder vliesies en buisies van lewer en sny in skywe van 15 mm dik. Plaas in ‘n plat glasbak en skep melk oor lewer, laat minstens 1 uur staan. Dreineer.

Skep meel, sout en peper in ‘n plastieksakkie en skud ‘n paar skywe op ‘n slag in die meel om dit goed te bedek. Hou 30 minute lank in koelkas.

Verhit botter en olie oor matige hitte en braai ui tot sag en deurskynend. Skep met gaaitjieslepel uit en hou eenkant.

Braai lewer net aan die een kant tot bruin oor matige hitte, skep die uie by en braai die ander kant ook bruin.

Sit dadelik voor saam met roereier as ontbyt, of met rys of kapokaartappels as ligte aandete

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s