Lamslewer

Bestanddele:

250 ml (1 k) koekmeelblom

5 ml (1 t) sout

5 ml (1 t) peper

5ml (1 t) gemengde gedroogde kruie

1 kg lams – of wildslewer, in dun repe gesny

60 ml (4 e) olyfolie

15 ml (1 e) botter

1 groot ui, fyn gekap

1 groot soetrissie, fyn gekap

250 g knopiesampioene, gehalveer

10 ml (2 t) gekapte knoffel

2,5 ml (1/2 t) sout

2,5 ml (1/2 t) varsgemaalde swartpeper

2,5 ml (1/2 t) gemengde gedroogde kruie

50 ml Brandewyn

125 ml (1/2 k) port

250 ml (1 k) vars room

vars, gekapte pietersielie

Metode

Meng die koekmelblom met die sout, peper en gemengde kruie en bedek die lewerrepe daarmee. Verhit die olyfolie en botter en soteer die gekapte ui, soetrissie en sampioene 3 minute lank. Voeg die gekapte knoffel by en roer dit deur. Voeg die lewerrepe by en roerbraai dit ongeveer 3 minute lank of totdat die koekmeelblom om die lewer bruin verkleur. Geur dit met die sout, peper en gemengde kruie en voeg die brandewyn, port en room by. Roer dit deur. Sit die deksel op en laat prut dit 2 minute lank. Bedien dit met pap of bruinrys in die jagveld of met pasta of kapokaartappels tuis.

One response

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s