Souserige Hoender

1 hoender, in porsies gesny (hoenderporsies werk net so goed, veral dye)
sout
peper
12.5 ml olie
25 ml margarien
25 ml koekmeelblom
2 ml rooipeper
250 ml medium-sterk rooibos tee
250 ml lemoensap
1 ml gemaalde neut
125 ml tamatie-blatjang (as jy nie het nie, meng helfte gewone blatjang en helfte tamatiesous)
60 g (100 ml) korente of rosyne

Geur die hoender na smaak met sout en peper en braai in die verhitte olie en margarien tot bruin. Verwyder die hoenderporsies en hou eenkant. (opsioneel: braai een grofgekapte ui tot effens deurskynend voor die volgende stap)
Plaas die koekmeelblom en rooipeper in die kastrol en roer tot glad. Voeg die tee en lemoensap by en meng tot dik en glad. Voeg die neut en tamatie-blatjang by en laat kook. Voeg die hoender en korente by, geur na smaak met sout en peper, bedek en laat stadig prut totdat die hoender sag en gaar is.
Bedien met bruinrys en slaai.
Genoeg vir 6 mense.

One response

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s