Lizzie se soet-suur yskas tert

Bestanddele:
2 pakkies Tennisbeskuitjies
suurlemoensap vir sprinkel oor beskuitjies
1 pakkie suurlemoenjellie (maak aan en sit in vrieskas vir so 10 minute, dit moet nie heeltemal stol nie, net yskoud wees en bewe)
1 koppie suurlemoensap
1 blikkie kondensmelk
1 blikkie grenadella moes
1 blikke fyngemaakte vrugte (bv perskes)
250 ml vars room
1 Peppermint Crisp of Flake

Metode:
Pak ‘n lagie Tennisbeskuitjies in ‘n glasbak. Meng die kondensmelk, grenadella moes en fyngemaakte vrugte saam. Skep ‘n lagie oor die beskuitjies. Wissel af met beskuitjies en kondensmelk mengsel (so 3 lagies).
Meng die suurlemoenjellie en suurlemoensap. Gooi bo-oor. Sit in yskas vir ‘n halfuur.
Klop die room tot styf. Smeer oor die tert. Krummel of rasper die Peppermint Crisp of Flake bo-oor.
Sit terug in yskas vir 4-6 ure.

4 responses

  1. Lizzie se soet suur tert is ‘n groot flop sal dit nooit weer maak nie net my geld gemors. Niemand wou dit eet nie. Sal dit glad nie aanbeveel nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s