MY MARMITE KOEK

Bestanddele:

1 koppie suiker
halwe koppie margarien
1 eier
1 en ‘n half koppie koekmeel
2 teelepels bakpoeier
1 koppie melk
halwe teelepel vanilla geursel
knippie sout

Voorverhit oond tot 180 grade celsius. Meng suiker, margarien, eier en vanilla geursel tot romerig. Meng meel, sout en bakpoeier. Voeg om die beurt met die melk by die margarien mengsel. Meng tot glad en romerig.

Skep mengsel in voorafgespuite glasbak. Bak vir 30 – 35 minute.

Wanneer dit uit die oond kom, smelt die volgende saam en gooi oor die koek: (druk ‘n paar gate in die koek met ‘n mes, dan trek dit lekker diep in)

30 – 40 ml Marmite
80 – 100 ml margarien

Bedien warm. Gooi gerasperde kaas oor net voor opdiening.

3 responses

  1. Sy tekstuur is amper soos n madeira koek sin as ek reg onthou?
    Regtig heerlik, nog net een keer gebak maar sal dit weer doen. Mense trek hulle neus op as hulle die naam sien, maar net tot hulle dit proe.

  2. Pingback: TEA TIME « Bosluis

  3. EK VOEL SOOS N KLEIN DOGTERTJIE AS EK HIERDIE RESEP SIEN! MY OUMA HET DIT ALTYD GEMAAK… EKS KINDERLLIK OPGEWONDE WANT EKT DIE RESEP VERLOOR EN HIERDIE EEN LYK SOOS MY OUMA SN

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s