WOUTER SE PYNAPPEL KAASKOEK

Bestanddele

1 pakkie tennis beskuitjies, fyngemaak
100g botter, gesmelt
250g ongegeurde maaskaas
1 blik (397g) kondensmelk
1 blik (440g) fyn pynappel, gedreineer (hou die stroop)
2 eiers
10ml (2 teelepels) suurlemoen skil
60ml (1/4 koppie) suurlemoen sap
15ml (1 eetlepel) vla poeier

Metode

1. Voorverhit die oond tot 150 grade celsius.
2. Meng die beskuitjie krummels en botter en druk dit vas in die bodem van ‘n kaaskoek pan. Verkoel.
3. Klits die maaskaas en kondensmelk saam. Voeg die helfte van die pynappel by. Voeg die eiers, suurlemoenskil en -sap by. Meng goed.
4. Gooi oor die beskuitjie basis en bak vir 30 minute. Skakel die oond af, en laat afkoel in die oond. Verkoel verder in die yskas.
5. Meng die oorblywende pynappel en die stroop in ‘n klein potjie. Klits die vla poeier by. Kook oor lae hitte tot mengsel verdik.
6. Verkoel en smeer oor die kaaskoek.
7. Versier met geklopte room indien verkies.

4 responses

  1. Dame,

    Die resepte lyk heerlik, maar ek kan dit ongelukkig nie bekostig nie.

    Die resepte op hierdie webwerf is NIE goedkoop as ‘n mens eers tennisbeskuitjies, maaskaas en room by die winkel moet gaan koop nie. Word wakker asseblief, duisende huisvrouens het nie werk nie en kan nie bekostig wat werkende mense kan bekostig nie. Hulle het egter dieselfde verantwoordelikheid om vir hul gesinne smaaklike kos voor te berei.

    Ek soek resepte wat waarlik goedkoop, maar lekker is. Kan jy dalk help, of ander lesers? Is julle bewus daarvan dat daar 94 wit blanke plakkerskampe in Pretoria omgewing is? Ons moet ons mense help. Dis nie onmoontlik in Suid-Afrika ons baie meer mense in dieselfde bootjie kan beland nie.

    Kom ons help mekaar.

    Baie dankie.

    “Reik uit”

  2. Des Gouws as jy dit nie kan bekostig nie dan moet jy maar vir jou n ou toffie by die winkel gaan koop. Lol hopenlik kan jy dit bekostig.

  3. O ja Des Gouws wat op aarde het die plakkers kampe uit te waai met my kaaskoek resep?????? Ek wonder of geld rerig die probleem is en of jy net dood eenvoudig nie eers n eier kan bak nie nevermind n kaaskoek!!!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s