Aartappelgereg

Ek het nie rerig presiese hoeveelhede vir die een nie – dit hang maar af van hoeveel mense moet saam eet.

Bestandele:

6 aartappels, geskil en in skywe gesny (so 5 mm dik)

250 ml room

pakkie sampioenroom sop

500 ml gerasperde kaas (chedder of gouda)

as jy rerig moeite wil doen, braai ‘n ui en ‘n pakkie gekapte bacon ook, en wissel dit tussen die lae af

Meng die room en die sop saam. Jy kan dit so bietjie ‘rek’ as jou aartappels dalk groot is – gooi net melk by. Spuit ‘n oondbak met spray & cook en pak dan lae van aartappels, afgewissel met die room en sop mengsel, en klein bietjie kaas. (As jy bacon en uie het, sit dit op die aartappels voor die room en sop mengsel.) Eindig met ‘n goeie lagie kaas.

Bak in voorverhitte oond van 180 grade totdat dit goudbruin en sag is. Ek weet rerig nie hoe lank nie, maar ek skat ten minste meer as ‘n halfuur. Hou dit maar dop en toets met ‘n vurk of skerp mes of dit sag is. Jy kan ook die aartappels eers in die micro sit tot amper gaar – dit sal natuurlik die tyd in die oond minder maak.

Heerlik saam met braaivleis, en eintlik enigiets anders. En as dit koud is more-oggend, nogsteeds jammie.

Broodslaai

Bestanddele:

halwe brood, in blokkies gesny

2 eiers

driekwart koppie suiker

halwe koppie asyn

1 eetlepel mosterd poeier (ek maak dit soms 2)

6 eetlepels mayonnaise (hier gaan ek ook wild – proe aan die sous! jy sal weet)

halwe bakkie room (125ml, ek dink)

olie vir diep braai

Braai die broodblokkies in diep, warm olie tot goudbruin.  Dreineer goed op kombuispapier. (Servette doen ook die ding) Klits die eiers en suiker saam. Meng asyn en mosterd poeier, en voeg by eiermengsel. Kook alles op lae hitte saam tot deurskynend. Roer aanhoudend. Verwyder van hitte en voeg mayonnaise en room by. Meng goed en laat afkoel. Gooi die sous oor die brood blokkies so 10 minute voordat daar geëet word.