Drie-vleis pastei

Drie-vleis Pastei

Bestanddele:

  • 1kg beesfilet, in blokkies gesny
  • 250ml koekmeelblom
  • 250g bladspekvleis, in blokkies gesny
  • sout en peper na smaak
  • 5-6 skaapniertjies, vlies en pypies verwyder
  • 1 ui, gekap
  • 250g knopie sampioene, in skyfies gesny
  • botter
  • 1-2 rolle bevrore skilferkors ontdooi
  • geklitste eiergeel

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 200C.
  2. Meng die filet, niertjies en spekvleis saam.
  3. Geur liggies met sout en swartpeper en rol in koekmeelblom.
  4. Soteer die ui en sampioene in genoeg botter totdat die ui sag is.
  5. Skep uit en braai die vleismengsel in nog botter tot die vleis gaar is.
  6. Meng met die uiemengsel.
  7. Rol die skilferkors dunner uit en voer ‘n groterige oondbak of 2 kleineres, daarmee uit.
  8. Skep die vulsel in. Verf die borand van die bak met water en bedek die vulsel ook met deeg.
  9. Druk die kante vas met ‘n vurk.
  10. Verf die kors met geklitste eiergeel en bak sowat 25-30 minute lank of tot die kors goudbruin is.

Rys-en-Visvinger-duvet

Hierdie ene is uit nood gebore baie jare terug, en het nogal ‘n gunsteling geword in ons huis. Dis maklik, vinnig en goedkoop. Hoe meer rys en sous jy maak, hoe meer mense sal kan saameet. Kiddies hou ook hiervan.

As onverwagte gaste opdaag net sodra jy wil  opskep, kan jy die hele ete rek deur ‘n tamatieslaai en knoffelbrood daarby te bedien. Dan kan jy lag-lag 10 magies volkry.

Maak so:

kook 2 koppies rys (so 4-5 koppies gaar rys, dink ek)

koop ‘n pak visvingers (daai pakke van 32, ten minste 26 is nodig in my pan) nie nodig om te ontvries nie

2 – 3 uie, grof gekap

knoffel as jy wil

1 pakkie cream of mushroom sop

850 ml melk of water of  ‘n mengsel van die twee (dis lekkerder met melk, maar as jy werklik platsak is, proe dit net so goed met water. As jy poeiermelk het, kan jy selfs dit gebruik.)

1 pakkie Knorr Lemon Butter sauce – kook solank die ketel – jy het 250 ml kookwater nodig hier. (Jy kan hierdie uitlos en net so 10 ml  suurlemoensap by die sous gooi.)

125 ml  ekstra water (dit hoef net warm te wees)

Kook die rys. Braai die uie in bietjie olie of botter tot ligbruin. Maak die sop aan met die melk. Maak die lemon butter sauce aan volgens die aanwysings op die pakkie wat aandui dat jy dit moet meng met 250 ml kookwater.  Meng die twee saam, en gooi ook die ekstra warm water by. Meng goed.

Gooi dit alles by die gebraaide uie. Verhit tot kookpunt, en prut stadig vir 5 minute. Roer gereeld, onthou daar is melk in en dit brand sommer maklik vas onder in die pot. Verwyder van hitte.

Verhit die oond tot 180 grade.

Skep die helfte van die rys in ‘n gesmeerde/bespuite oondbak, maak dit mooi gelyk met ‘n vurk. Gooi die helfte van die sous bo-oor die rys.

Pak visvingers op die sousbed.

Skep die res van die rys oor, en gooi dan die res van die sous laaste oor. Bak in die oond vir 20 – 30 minute. Laat dit staan vir 10 minute om effens af te koel.

Deel in blokkies, en bedien. Genoeg vir 6 mense. En daar sal moontlik oorbly vir brekfis of lunch die volgende dag  – dis nogal vullend.

* Sous variasie

Braai uie, tamaties en greenpepers en gebruik ‘n pakkie tamatie sop in plek van die mushroom sop.

* Nog ‘n sous variasie

As jy dit het of kan bekostig, gooi ‘n pakkie vars mushrooms of ‘n blikkie mushrooms by die sous – en dit geld vir albei, die mushroom en die tamatie sous.

* Cover variasie

In plaas van rys, kan jy ook mash gebruik – strooi dan net so bietjie kaas bo-oor en dit herinner amper aan ‘n Herders Pastei. Dis veral lekker saam met die mushroom sous.

* Vulsel variasie

Jy kan gemengde groente by albei die souse gebruik. Sweetcorn werk wonderlik saam met die mushroom sous, en ertjies/sousboontjies is lekker saam met die tamatiesous. Gebruik maar jou verbeelding, en die groente waarvoor jou mense lief is. Onthou om die groente eers gaar te maak voordat jy dit by die sous gooi! Dis nou as dit nie uit ‘n blikkie uit kom nie.

* Tamatieslaai

Ek probeer dit rerig eenvoudig hou en presies wat dit sê: tamatieslaai. Net tamaties, asyn, suiker, sout, aromat en swartpeper na smaak. Soms sit ek gerasperde uie in.

* Knoffelbrood

Koop een. Dis die minste moeite! 😆

Hie-hie, maar as jy dit self wil doen, vind ek nogal dat buns lekker werk. So asof jy dan vir elke gas sy eie broodjie gee. En dis goedkoper. Julle gesien wat kos knoffelbroodtjies deesdae? OK, anyway, kry ses vars buns, meng genoeg sagte botter/margarien en verkieslik vars knoffel saam. Ons is woes met knoffel, so ek wil nie eers guidelines gee vir die ene nie. Jy ken julle smaak. Gooi ook so ‘n bietjie gedroogde pietersielie daarby, die groen blaartjies laat dit mos al te oulik lyk!

Sny dan die buns in sulke 2-3 cm snye (nie dwarsdeur nie). Smeer dan heel liberaal daai knoffel-botter-mengsel aan albei kante van die snye. (Ek wil iets oorkom as die knoffel broodjie net so getouch is! Dit moet mos heel dwarsdeur die broodjie smelt.) En sommer so ‘n haal bo-oor ook voordat jy die broodjies mooi twee-twee langs mekaar rangskik en toedraai in foelie. Dan lyk dit soos een moewiese knoffelbrood. Druk dit in ‘n lekker warm oond vir so 15 minute. Deel die broodjies sodat elke gas so 3-4 “snytjies” kry.

Uhm, ja – ek het mos gesê dis al ‘n gunsteling in ons huis! Al die bogenoemde variasies is al getoets en gunstig bevind. 😉

Lekker eet!

Spekvleistertjies

Alta, jy kan die deeg vir die kors ook gebruik vir ‘n groot pastei. 😉

Vulsel:

250g spekvleis, gesnipper of gemaal

125ml kaas, gerasper

Kors:

750ml koekmeelblom

1ml sout

1ml rooipeper

250g botter

1 eier (geskei)

50ml yswater

7ml suurlemoensap

2ml kremetart

Meng spekvleis en kaas.

Sif droeë bestanddele saam. Rasper botter daarin en meng goed. Klits eiergele, water, suurlemoensap en kremetart goed saam. Maak aan tot deeg wat maklik uitrol. Plaas vir 15 minute in koelkas. Rol deeg dun uit, en druk sirkels uit. Plaas bietjie spekvleismengsel op helfte van sirkels. Smeer rande met eierwit. Plaas sirkel bo-op elkeen en verseël rande. Plaas op gesmeerde bakplaat, smeer met eierwit en bak in voorverhitte oond van 220 grade C vir 15 minute of tot ligbruin en gaar.