BLATJANGHOENDER MET RYSVULSEL

Blatjanghoender

1 heel hoender
sout en peper na smaak
1 pakkie wit of bruin uiesop
250 ml kookwater
250 ml vrugteblatjang
125 ml mayonnaise

Rysvulsel

1 hoenderlewertjie, fyn gesny (die een wat saam met die hoender kom)
1 uitjie, fyn gesny
250 ml gaar rys
125 ml sagte witbrood krummels
25 ml fyn gekapte pietersielie
125 ml pitlose rosyne of korente
30 ml margarien, gesmelt
sout en peper na smaak

Oond op 170 grade Celsius. Was die hoender en droog dit af. Vryf binne en buite met sout en peper. Meng soppoeier en kookwater. Voeg blatjang en mayonnaise by. Gooi sous in oondkasserol met deksel (Foelie werk ook om te bedek)
Meng hoenderlewer en ui met rys, broodkrummels, pietersielie, rosyntjies, margarien, sout en peper.
Plaas die hoender op sy rug en skep driekwart van die rysvulsel in die liggaamsholte. Steek opening met peuselstokkies vas en bind die bene aan die stuitjie vas.
Skep die res van die vulsel in die nekholte en vou die nekvel daaroor. Steek dit aan die rug vas met peuselstokkies. Plaas die vlerke langs die lyf en bind vas met tou.
Plaas die hoender op sy rug in die blatjangsous en skep van die sous bo-oor. Bedek en bak vir 1 uur. Bedruip hoender dikwels.
Bak vir ‘n verdere uur onbedek, bedruip dikwels. Meng ‘n bietjie warm water by die sous as dit te dik word. Sit warm voor.

Flintie se Vier Bone Sop

1 Koppie Red speckle Beans
1 Koppie Butter Beans
1 Koppie Small White Beans
1 Koppie Kidney Beans
1kg Sopvleis-Beef (met lekker murg bene)
Ek gebruik 2kg se sopvleis want selfs groente sop sonder vleis is nie sop nie.

250g Bacon
2 Tamaties
1 Ui (fyngekap)
2 Blikkies Gekonsentreerde Bone sop.
1 t Sout
1 t Fyn Swart pepper

Metode:

· Spoel al jou boontjies mooi af

· Braai Bacon in ‘n bietjie botter of olie tot goudbruin

· Kook jou bone en bacon saam in die stoompot vir een uur.

· Voeg die sopvleis by en kook weer in stoompot vir ‘n uur of tot bone en vleis sag is.

· Voeg nou die blikkies sop, tamaties en uie by.

· Prut oor lae hitte tot alles mooi sag en dik is.

· Geniet

KORSLOSE SOUTTERT

BESTANDDELE:

2 koppies Melk (ongeveer)
Klein stukkie botter
1 dik sny brood (geweek in van die melk)
Groot eetlepel bruismeel
1 pakkie spek, fyngesnipper
1 blikkie bully beef
1 blikkie weense worsies
250g gerasperde cheddar kaas (sommer meer as jy lus het)
1 ui, fyn gekap
Sout en (rooi) Peper
4 tot 6 geklitste eiers
1 teelepel mostert

METODE:

Roerbraai uie, botter en bacon (net tot voor dit braai)
Sny worsies en bully beef in klein blokkies (ek druk dit sommer met n vurk fyner)
Klits melk, eiers, mostert, sout en peper saam.
Meng al die bestandele saam in een bak.
Gooi in gesmeerde bak (oondpan werk goed, soos op foto)
Bak vir omtrent 30 tot 35 min by 175 grade C
Laat afkoel en sny in blokkies.

Lizzie se soet-suur yskas tert

Bestanddele:
2 pakkies Tennisbeskuitjies
suurlemoensap vir sprinkel oor beskuitjies
1 pakkie suurlemoenjellie (maak aan en sit in vrieskas vir so 10 minute, dit moet nie heeltemal stol nie, net yskoud wees en bewe)
1 koppie suurlemoensap
1 blikkie kondensmelk
1 blikkie grenadella moes
1 blikke fyngemaakte vrugte (bv perskes)
250 ml vars room
1 Peppermint Crisp of Flake

Metode:
Pak ‘n lagie Tennisbeskuitjies in ‘n glasbak. Meng die kondensmelk, grenadella moes en fyngemaakte vrugte saam. Skep ‘n lagie oor die beskuitjies. Wissel af met beskuitjies en kondensmelk mengsel (so 3 lagies).
Meng die suurlemoenjellie en suurlemoensap. Gooi bo-oor. Sit in yskas vir ‘n halfuur.
Klop die room tot styf. Smeer oor die tert. Krummel of rasper die Peppermint Crisp of Flake bo-oor.
Sit terug in yskas vir 4-6 ure.

Poker se Peri-peri tjieken livers

Bestanddele:
2 bakkies gevriesde hoenderlewers (nie nodig om te ontvries nie)
4 vars knoffelhuisies, fyn gekap
4 lourierblare
2 (of meer) vars rooi of groen rissies, saadjies verwyder en fyn gekap
halwe uie, fyn gekap
1 tamatie, fyn gekap
1 teelepel peri-peri poeier
sprinkel Worcestershire sous
1 eetlepel tamatiesous
klont botter
derde koppie kookolie
halwe koppie droee wit wyn
sout en peper
4 naeltjies

Metode:
Smelt die botter in ‘n pan en voeg die lewers by. Geur met sout en peper na smaak. Braai oor redelike hoe hitte vir ‘n paar minute. Moenie oorgaar maak nie, die lewers moet sag, pienk en sappig wees. Skep uit in ‘n bak met ‘n deksel en hou eenkant.
Braai die uie, rissies en knoffel tot sag in dieselfde pan waarin die lewers was. Voeg die tamatie by en braai vir omtrent 2 minute. Voeg die res van die bestanddele by.
Prut vir 5 minute. As die sous te dik is, voeg nog witwyn by.
Voeg nou die hoenderlewers by die sous en prut vir nog ‘n minuut of twee totdat dit deurwarm is. Bedien met Portugese brood of rolletjies

Rys-en-Visvinger-duvet

Hierdie ene is uit nood gebore baie jare terug, en het nogal ‘n gunsteling geword in ons huis. Dis maklik, vinnig en goedkoop. Hoe meer rys en sous jy maak, hoe meer mense sal kan saameet. Kiddies hou ook hiervan.

As onverwagte gaste opdaag net sodra jy wil  opskep, kan jy die hele ete rek deur ‘n tamatieslaai en knoffelbrood daarby te bedien. Dan kan jy lag-lag 10 magies volkry.

Maak so:

kook 2 koppies rys (so 4-5 koppies gaar rys, dink ek)

koop ‘n pak visvingers (daai pakke van 32, ten minste 26 is nodig in my pan) nie nodig om te ontvries nie

2 – 3 uie, grof gekap

knoffel as jy wil

1 pakkie cream of mushroom sop

850 ml melk of water of  ‘n mengsel van die twee (dis lekkerder met melk, maar as jy werklik platsak is, proe dit net so goed met water. As jy poeiermelk het, kan jy selfs dit gebruik.)

1 pakkie Knorr Lemon Butter sauce – kook solank die ketel – jy het 250 ml kookwater nodig hier. (Jy kan hierdie uitlos en net so 10 ml  suurlemoensap by die sous gooi.)

125 ml  ekstra water (dit hoef net warm te wees)

Kook die rys. Braai die uie in bietjie olie of botter tot ligbruin. Maak die sop aan met die melk. Maak die lemon butter sauce aan volgens die aanwysings op die pakkie wat aandui dat jy dit moet meng met 250 ml kookwater.  Meng die twee saam, en gooi ook die ekstra warm water by. Meng goed.

Gooi dit alles by die gebraaide uie. Verhit tot kookpunt, en prut stadig vir 5 minute. Roer gereeld, onthou daar is melk in en dit brand sommer maklik vas onder in die pot. Verwyder van hitte.

Verhit die oond tot 180 grade.

Skep die helfte van die rys in ‘n gesmeerde/bespuite oondbak, maak dit mooi gelyk met ‘n vurk. Gooi die helfte van die sous bo-oor die rys.

Pak visvingers op die sousbed.

Skep die res van die rys oor, en gooi dan die res van die sous laaste oor. Bak in die oond vir 20 – 30 minute. Laat dit staan vir 10 minute om effens af te koel.

Deel in blokkies, en bedien. Genoeg vir 6 mense. En daar sal moontlik oorbly vir brekfis of lunch die volgende dag  – dis nogal vullend.

* Sous variasie

Braai uie, tamaties en greenpepers en gebruik ‘n pakkie tamatie sop in plek van die mushroom sop.

* Nog ‘n sous variasie

As jy dit het of kan bekostig, gooi ‘n pakkie vars mushrooms of ‘n blikkie mushrooms by die sous – en dit geld vir albei, die mushroom en die tamatie sous.

* Cover variasie

In plaas van rys, kan jy ook mash gebruik – strooi dan net so bietjie kaas bo-oor en dit herinner amper aan ‘n Herders Pastei. Dis veral lekker saam met die mushroom sous.

* Vulsel variasie

Jy kan gemengde groente by albei die souse gebruik. Sweetcorn werk wonderlik saam met die mushroom sous, en ertjies/sousboontjies is lekker saam met die tamatiesous. Gebruik maar jou verbeelding, en die groente waarvoor jou mense lief is. Onthou om die groente eers gaar te maak voordat jy dit by die sous gooi! Dis nou as dit nie uit ‘n blikkie uit kom nie.

* Tamatieslaai

Ek probeer dit rerig eenvoudig hou en presies wat dit sê: tamatieslaai. Net tamaties, asyn, suiker, sout, aromat en swartpeper na smaak. Soms sit ek gerasperde uie in.

* Knoffelbrood

Koop een. Dis die minste moeite! 😆

Hie-hie, maar as jy dit self wil doen, vind ek nogal dat buns lekker werk. So asof jy dan vir elke gas sy eie broodjie gee. En dis goedkoper. Julle gesien wat kos knoffelbroodtjies deesdae? OK, anyway, kry ses vars buns, meng genoeg sagte botter/margarien en verkieslik vars knoffel saam. Ons is woes met knoffel, so ek wil nie eers guidelines gee vir die ene nie. Jy ken julle smaak. Gooi ook so ‘n bietjie gedroogde pietersielie daarby, die groen blaartjies laat dit mos al te oulik lyk!

Sny dan die buns in sulke 2-3 cm snye (nie dwarsdeur nie). Smeer dan heel liberaal daai knoffel-botter-mengsel aan albei kante van die snye. (Ek wil iets oorkom as die knoffel broodjie net so getouch is! Dit moet mos heel dwarsdeur die broodjie smelt.) En sommer so ‘n haal bo-oor ook voordat jy die broodjies mooi twee-twee langs mekaar rangskik en toedraai in foelie. Dan lyk dit soos een moewiese knoffelbrood. Druk dit in ‘n lekker warm oond vir so 15 minute. Deel die broodjies sodat elke gas so 3-4 “snytjies” kry.

Uhm, ja – ek het mos gesê dis al ‘n gunsteling in ons huis! Al die bogenoemde variasies is al getoets en gunstig bevind. 😉

Lekker eet!

Aartappelgereg

Ek het nie rerig presiese hoeveelhede vir die een nie – dit hang maar af van hoeveel mense moet saam eet.

Bestandele:

6 aartappels, geskil en in skywe gesny (so 5 mm dik)

250 ml room

pakkie sampioenroom sop

500 ml gerasperde kaas (chedder of gouda)

as jy rerig moeite wil doen, braai ‘n ui en ‘n pakkie gekapte bacon ook, en wissel dit tussen die lae af

Meng die room en die sop saam. Jy kan dit so bietjie ‘rek’ as jou aartappels dalk groot is – gooi net melk by. Spuit ‘n oondbak met spray & cook en pak dan lae van aartappels, afgewissel met die room en sop mengsel, en klein bietjie kaas. (As jy bacon en uie het, sit dit op die aartappels voor die room en sop mengsel.) Eindig met ‘n goeie lagie kaas.

Bak in voorverhitte oond van 180 grade totdat dit goudbruin en sag is. Ek weet rerig nie hoe lank nie, maar ek skat ten minste meer as ‘n halfuur. Hou dit maar dop en toets met ‘n vurk of skerp mes of dit sag is. Jy kan ook die aartappels eers in die micro sit tot amper gaar – dit sal natuurlik die tyd in die oond minder maak.

Heerlik saam met braaivleis, en eintlik enigiets anders. En as dit koud is more-oggend, nogsteeds jammie.

Maklike hoender gereg

Kook 1 x hoender met 2 hoenderaftreksel blokkies
2.5 ml naeiltjies (1/2 t)
2.5 ml tiemie
2.5 ml sout tot gaar

Sny in stukke, meng met die volgende:

400 g Blikkie sampioensop
250 ml Suurroom
1 pak Bacon Kips

Plaas in matige oond vir 20 min

(Hoenderdye of -boudtjies kan ook gebruik word.  En die naeltjies is opsioneel)

Bedien met rys en groen slaai.

Lekker eet

Jane