MY MARMITE KOEK

Bestanddele:

1 koppie suiker
halwe koppie margarien
1 eier
1 en ‘n half koppie koekmeel
2 teelepels bakpoeier
1 koppie melk
halwe teelepel vanilla geursel
knippie sout

Voorverhit oond tot 180 grade celsius. Meng suiker, margarien, eier en vanilla geursel tot romerig. Meng meel, sout en bakpoeier. Voeg om die beurt met die melk by die margarien mengsel. Meng tot glad en romerig.

Skep mengsel in voorafgespuite glasbak. Bak vir 30 – 35 minute.

Wanneer dit uit die oond kom, smelt die volgende saam en gooi oor die koek: (druk ‘n paar gate in die koek met ‘n mes, dan trek dit lekker diep in)

30 – 40 ml Marmite
80 – 100 ml margarien

Bedien warm. Gooi gerasperde kaas oor net voor opdiening.

Flintie se Vier Bone Sop

1 Koppie Red speckle Beans
1 Koppie Butter Beans
1 Koppie Small White Beans
1 Koppie Kidney Beans
1kg Sopvleis-Beef (met lekker murg bene)
Ek gebruik 2kg se sopvleis want selfs groente sop sonder vleis is nie sop nie.

250g Bacon
2 Tamaties
1 Ui (fyngekap)
2 Blikkies Gekonsentreerde Bone sop.
1 t Sout
1 t Fyn Swart pepper

Metode:

· Spoel al jou boontjies mooi af

· Braai Bacon in ‘n bietjie botter of olie tot goudbruin

· Kook jou bone en bacon saam in die stoompot vir een uur.

· Voeg die sopvleis by en kook weer in stoompot vir ‘n uur of tot bone en vleis sag is.

· Voeg nou die blikkies sop, tamaties en uie by.

· Prut oor lae hitte tot alles mooi sag en dik is.

· Geniet

Gekaramelliseerde uie

Bestanddele:
15 ml olyfolie
3 groot uie, gehalveer en in dun skyfies gesny
45 ml sagte bruinsuiker
45 ml balsamiese asyn
15 ml gedroogde tiemie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode:
Verhit olie oor matige hitte in ’n braaipan en soteer uie tot heeltemal sag.
Voeg suiker, asyn en tiemie by en geur na smaak. Verlaag hitte effens en roer af en toe, terwyl die uie 10-15 minute sonder ’n deksel prut tot gekaramelliseer.

Laat uie afkoel en gebruik dan op broodjies of op verskeie ander interessante maniere. Dis heerlik op braaibroodjies, pizzas, in ’n slaai of op ’n stukkie gebraaide vleis.

Rys-en-Visvinger-duvet

Hierdie ene is uit nood gebore baie jare terug, en het nogal ‘n gunsteling geword in ons huis. Dis maklik, vinnig en goedkoop. Hoe meer rys en sous jy maak, hoe meer mense sal kan saameet. Kiddies hou ook hiervan.

As onverwagte gaste opdaag net sodra jy wil  opskep, kan jy die hele ete rek deur ‘n tamatieslaai en knoffelbrood daarby te bedien. Dan kan jy lag-lag 10 magies volkry.

Maak so:

kook 2 koppies rys (so 4-5 koppies gaar rys, dink ek)

koop ‘n pak visvingers (daai pakke van 32, ten minste 26 is nodig in my pan) nie nodig om te ontvries nie

2 – 3 uie, grof gekap

knoffel as jy wil

1 pakkie cream of mushroom sop

850 ml melk of water of  ‘n mengsel van die twee (dis lekkerder met melk, maar as jy werklik platsak is, proe dit net so goed met water. As jy poeiermelk het, kan jy selfs dit gebruik.)

1 pakkie Knorr Lemon Butter sauce – kook solank die ketel – jy het 250 ml kookwater nodig hier. (Jy kan hierdie uitlos en net so 10 ml  suurlemoensap by die sous gooi.)

125 ml  ekstra water (dit hoef net warm te wees)

Kook die rys. Braai die uie in bietjie olie of botter tot ligbruin. Maak die sop aan met die melk. Maak die lemon butter sauce aan volgens die aanwysings op die pakkie wat aandui dat jy dit moet meng met 250 ml kookwater.  Meng die twee saam, en gooi ook die ekstra warm water by. Meng goed.

Gooi dit alles by die gebraaide uie. Verhit tot kookpunt, en prut stadig vir 5 minute. Roer gereeld, onthou daar is melk in en dit brand sommer maklik vas onder in die pot. Verwyder van hitte.

Verhit die oond tot 180 grade.

Skep die helfte van die rys in ‘n gesmeerde/bespuite oondbak, maak dit mooi gelyk met ‘n vurk. Gooi die helfte van die sous bo-oor die rys.

Pak visvingers op die sousbed.

Skep die res van die rys oor, en gooi dan die res van die sous laaste oor. Bak in die oond vir 20 – 30 minute. Laat dit staan vir 10 minute om effens af te koel.

Deel in blokkies, en bedien. Genoeg vir 6 mense. En daar sal moontlik oorbly vir brekfis of lunch die volgende dag  – dis nogal vullend.

* Sous variasie

Braai uie, tamaties en greenpepers en gebruik ‘n pakkie tamatie sop in plek van die mushroom sop.

* Nog ‘n sous variasie

As jy dit het of kan bekostig, gooi ‘n pakkie vars mushrooms of ‘n blikkie mushrooms by die sous – en dit geld vir albei, die mushroom en die tamatie sous.

* Cover variasie

In plaas van rys, kan jy ook mash gebruik – strooi dan net so bietjie kaas bo-oor en dit herinner amper aan ‘n Herders Pastei. Dis veral lekker saam met die mushroom sous.

* Vulsel variasie

Jy kan gemengde groente by albei die souse gebruik. Sweetcorn werk wonderlik saam met die mushroom sous, en ertjies/sousboontjies is lekker saam met die tamatiesous. Gebruik maar jou verbeelding, en die groente waarvoor jou mense lief is. Onthou om die groente eers gaar te maak voordat jy dit by die sous gooi! Dis nou as dit nie uit ‘n blikkie uit kom nie.

* Tamatieslaai

Ek probeer dit rerig eenvoudig hou en presies wat dit sê: tamatieslaai. Net tamaties, asyn, suiker, sout, aromat en swartpeper na smaak. Soms sit ek gerasperde uie in.

* Knoffelbrood

Koop een. Dis die minste moeite! 😆

Hie-hie, maar as jy dit self wil doen, vind ek nogal dat buns lekker werk. So asof jy dan vir elke gas sy eie broodjie gee. En dis goedkoper. Julle gesien wat kos knoffelbroodtjies deesdae? OK, anyway, kry ses vars buns, meng genoeg sagte botter/margarien en verkieslik vars knoffel saam. Ons is woes met knoffel, so ek wil nie eers guidelines gee vir die ene nie. Jy ken julle smaak. Gooi ook so ‘n bietjie gedroogde pietersielie daarby, die groen blaartjies laat dit mos al te oulik lyk!

Sny dan die buns in sulke 2-3 cm snye (nie dwarsdeur nie). Smeer dan heel liberaal daai knoffel-botter-mengsel aan albei kante van die snye. (Ek wil iets oorkom as die knoffel broodjie net so getouch is! Dit moet mos heel dwarsdeur die broodjie smelt.) En sommer so ‘n haal bo-oor ook voordat jy die broodjies mooi twee-twee langs mekaar rangskik en toedraai in foelie. Dan lyk dit soos een moewiese knoffelbrood. Druk dit in ‘n lekker warm oond vir so 15 minute. Deel die broodjies sodat elke gas so 3-4 “snytjies” kry.

Uhm, ja – ek het mos gesê dis al ‘n gunsteling in ons huis! Al die bogenoemde variasies is al getoets en gunstig bevind. 😉

Lekker eet!

Bets se tjoklitkoek

Droeë goed

750ml koekmeel (3 koppies)

20ml bakpoeier (4 teelepels)

500ml suiker (2 koppies)

5ml koeksoda (1 teelepel)

80ml kakao

Knippie sout

Nat goed

500ml kookwater (2 koppies)

250ml olie (1 koppie)

10ml vanilla essence (2 teelepels)

50ml wit asyn (1 ½ eetlepel)

Gooi al die droeë goed in ‘n bak. In ander bak gooi al die nat goed. Gooi nat goed stadig oor droeë goed en klits bietjie. Wetie hoe lank nie – net tot jy sien alles is mooi gemeng. Gooi in oondpan / koekpan / cupcakes of whatever floats your boat en sit in die oond. O ja – die oond moet vooraf geheat word na 180 *grade teken* en dan bak die koek 20minute en jy’t lekker tjoklit koek!

Maklik né?

Karringmelk beskuit

Maak nie saak of jy glad nie kan bak nie, hierdie resep kan nie flop nie.

Bestanddele:

3 x 500g bruismeel

2 teelepels bakpoeier

2 koppies suiker

500g margarien

1 eetlepel sout

3 eiers

500ml karringmelk

Meng (sif) droeë bestanddele saam. Klits eiers en karringmelk saam. Rasper die margarien en vryf by die meelmengsel by. Gooi eier en karringmelk mengsel by. Knie goed deur.

Genoegsaam vir een groot en een klein broodpan. Of sommer ‘n oondpan. Vorm balletjies omtrent so groot soos eiers en pak 3 langsmekaar. Andersins ‘n hele bol deeg bietjie gedruk na die kante toe, en sny in blokke wanneer helemal afgekoel.

Bak vir een uur teen 175 grade celsius. Droog uit teen lae hitte.

Enjoy!

Maklike hoender gereg

Kook 1 x hoender met 2 hoenderaftreksel blokkies
2.5 ml naeiltjies (1/2 t)
2.5 ml tiemie
2.5 ml sout tot gaar

Sny in stukke, meng met die volgende:

400 g Blikkie sampioensop
250 ml Suurroom
1 pak Bacon Kips

Plaas in matige oond vir 20 min

(Hoenderdye of -boudtjies kan ook gebruik word.  En die naeltjies is opsioneel)

Bedien met rys en groen slaai.

Lekker eet

Jane

Spinasie tert

Hierdie gereg is nie net heelik vir n laat ontbyt nie – saam met n bak slaai ook n lekker ligte ete

Genoeg vir 8 tot 10 persone
Bereidingstyd: 15 minute
Baktyd: 1 uur
Oondtemperatuur: 180c

Kors
60 ml (60gr) botter gesmelt
170ml (90gr) provita beskuitjies gekrummel
100 ml cheddarkaas gerasper

Vulsel
125 gr gesnipperde swoerdlose spek
2 preie in dun skyfies gesny
600 gr vars spinasie wit stingel gedeeltes verwyder
250 gr room kaas
6 groot eiers geklits
250 ml suurroom
1 en n halwe sirkel feta kaas gekrummel
125ml parmesaan kaas gerasper
Sout en peper na smaak

1.  Maak die kors
Meng die botter, koekiekrummels en chedarskaas in n mengbak. Voer n pan uit met die mengsel en sit in die yskas tot benodig.

2.  Maak die vulsel
Braai die spek in hulle eie vet tot net voordit begin bros raak. Skep uit en dreineer op kombuispapier.  Braai die preie in dieselfde pan oor matige hitte tot sag,  Voeg bietjie botter by indien nodig.  Meng die preie en spek en laat die mengsel afkoel.

Was die spinasie goed en dreineer dit. Sit die een helfte van die spinasie net so in n groot kastrol oor magite hitte en roer totdat dit begin sag word.  Herhaal met die res van die spinasie.  Dreineer die gaar spinasie en druk die oortollige vog met jou hande uit sodra dit afgekoel het.  Kap dit fyn.

3.  Klits die roomkaas, eiers en suurrom tot glad, roer die feta kaas by.  Gooi die spinasie, spek en preimengsel en die helfte van die parmesaan by.  Geur met sout en peper.

4.  Skep die mengsel in die voorbereider kors en bak tot goudbruin en gaar.  Laat die tert vir 10 min staan voordat jy dit sny. Strooi die oorblywende parmesaan kaas oor en sit voor!!

Lekker eet

Dankie Suz.

Poor Man’s Pudding

POOR MAN’S PUDDING

This is so so so quickly, easy and affordable – even bachelors can master this one! By the time you finished your meal, the pudding is ready.

Batter: 125g Margarine                                Syrup: 1½cup boiling water

1½ tbsp Cacao                                                   1k Brown sugar

1 Egg                                                                      3e Cacao

1cup Milk                                                             1tbsp Margarine

¾ cup Sugar

¾cup Milk

½t sp Vanilla essence

Pinch of salt

15mℓ Baking powder

Method (Batter):

–  Cream the sugar and margarine;

–  Add the egg and mix well;

–  Add the dry ingredients and milk in turns, mix well;

–  Add the vanilla essence;

–  Pour into a ring pan;

–  Pour boiling syrup over;

–  Cover with plastic and bake in the microwave for 5 min @ 70% power;

–  Uncover and bake another 5 min @ 70% power.

Method (Syrup):

– Boil all the ingredients in the microwave – approx. 2-3 min.

Ideas:

–  No need to level the cacao spoon – the extra bit gives the pudding a nice rich colour.

–  I add a bit of coffee powder to the batter – amazing results!

Thanx Twattie se Maaikie!

Marmite Balletjies

Chantel se Marmite / Bovril balletjies

1 koppie koekmeel

1 koppie gerasperde kaas

knippie sout

knippie rooipeper

Genoeg melk om ‘n stywe deeg te maak

Verhit die oond tot 180 grade. Meng alles saam. Rol klein balletjies en plaas in gesmeerde oondpan. Bak vir 10 minute.

Smelt 250 g botter en 3 eetlepels Marmite / Bovril saam. Dip die balletjies daarin wanneer dit uit die oond uit kom.

Klink njammies!